The property listed below is no longer for sale. Click HERE to view other properties in the area.
Hierdie uitsonderlike 30 hektaar plasie, met genoegsame waterbronne is ideaal gelee naby Bloemfontein en bied die perfekte kombinasie van natuurlike skoonheid en moderne geriewe. Of jy nou 'n entoesiastiese boer of 'n gesin is wat op soek is na 'n rustige plaaslewe, hierdie eiendom het alles wat jy nodig het. Watervoorsiening en Infrastruktur: - Boorgate: 2 toegeruste boorgate lewer saam 'n indrukwekkende 45,000 liter water per uur, terwyl 'n derde boorgat met 'n kapasiteit van 10 000 liter per uur beskikbaar is (nog nie toegerus nie). - Kraglewering: Die plaas is toegerus met 'n betroubare 3-fase kragstelsel, ondersteun deur 3 x 10kVA inverters, 'n battery bank van 22kVA, en 'n 20kVA generator. - Sonkrag: 30 sonpanele verseker dat jy volhoubaar en energie-onafhanklik kan boer. Landbougeriewe: - Granaatboorde: 160 granaatbome lewer 'n oorvloedige oes elke seisoen. - Lusern: 0.6 hektaar toegewyde lusern kamp. - Dierehantering: 10 veekampe en skaapkrale met krippe maak dierehantering moeiteloos. - Opberging: 9 by 20 meter op stoor Veiligheid en Verwerkingsfasiliteite: - Sekuriteit: 'n Omvattende kamera sisteem verseker gemoedsrus. - Verwerkingsgeriewe: 'n Slagkamer met 'n koelkamer maak diereverwerking gerieflik en doeltreffend. Woonhuis: - Slaapkamers: 4 ruim slaapkamers, insluitend 'n hoofslaapkamer met en-suite badkamer en instap kas. - Gesinsruimtes: 'n Moderne kombuis met 'n spens, sitkamer, eetkamer, binne braai area, leef vertrek, aparte opwas, en kantoorruimte. - Geriewe: 'n Motorhuis bied veilige parkering vir voertuie Hierdie eiendom is 'n seldsame juweel wat 'n geleentheid bied om 'n gesogte stuk landbougrond te besit met onuitputlike waterbronne en uitstekende infrastruktuur. Moenie hierdie kans misloop om jou eie stukkie paradys naby Bloemfontein te besit nie. Kontak ons vandag nog vir 'n besigtiging en maak jou droom van plaaslewe 'n werklikheid.
Purchase Price R 4 500 000
Type of PropertyFarm
Pets AllowedYes
Last Updated24 Apr 2025
Study1
Laundry1
Kitchen1
Bedrooms4
Bathrooms2
Lounges1
Dining Room1
Garages1
Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Bainsvlei!